Na drie dae in die hospitaal en ‘n lang wag vanoggend dat Ester se steke uitgehaal moes word is Karla en Ester uiteindelik by die huis. Ek moes nog vanoggend baie vroeg ‘n paar goedjies in haar kamer reg skuif. Ek hoop sy hou van haar nuwe kamer – ek sal seker later vandag weet.
Ek moes ook vir die eerste keer in my lewe ‘n karstoeltjie in die kar probeer vas gordel. Dit het my amper ‘n halfuur geneem en toe moes ek dit weer verwyder toe ek hulle by die hospitaal gaan haal het. Die hospitaal het vereis dat sy in die karstoeltjie daar weg gaan en weer moes ek sukkel om die karstoeltjie in die kar vas te gordel. Gelukkig was Karla baie soet. Ons het dit darem veilig tot by die huis gemaak en sy is reguit bed toe. Sy lyk tog so klein in haar nuwe bedtjie.
Ester was net so verlig om terug te wees. Ek is môre op verlof en beplan om tot Maandag nie my voet by die deur uit te sit nie. Ek sal die tyd gebruik om baie foto’s te neem en dit hier plaas.
Ag julle sy lyk so salig en rustig in haar eie bedjie. Kan julle glo dat dit nou n werklikheid is?
Ek is seker sy gaan heerlik in haar nuwe kamer slaap!! Verseker nog meer so as sy haar ma se pienk gene geerf het. ;-)) Kamer lyk te oulik.
Liewe Esther en Hannes, baie geluk met julle geskenkie van Bo, sy is so pragtig!!!!
Mag sy vir julle baie vreugde en plesier bring, en sommer slaap ook :)
Sien uit om nog fotos te sien, Esther, jy het so goed gelyk met jou swangerskap, doen dit gerus weer!!!
Baie groete en liefde
Spyker/ Daleen :)